Text Size
Saturday, November 18, 2017
Top Tab Content

School Outreach

Wat 'n amazing week!
Om te se dat God 'n afspraak gehad het met Hoerskool Fochville is werklik 'n "understatement". Nie eers die stakings wat die hele Suid-Afrika se skole om ver gegooi het, kon inmeng met Sy planne nie.

Maandag oggend het ons begin met 'n saalopening waar God met Sy waarheid satan se leuens verpletter het. Hulle het gesien dat mens nie God dien uit emosie oor Jesus geslaan en aan 'n kruis opgehang is nie; of omdat mens die hel vrees nie. Mens dien Hom, want Hy is die rede om te bestaan! Vir sommiges was dit die eerste keer wat hulle die Vader se hart agter die kruisiging gehoor het. En die storie wat ons van kleins af hoor het 'n ander kant gehad - die Koning se weergawe.

Deur die week het ons die voorreg gehad om gedurende aflos klasse met die jongmense tyd te kon spandeer; 'n deur wat gewoonlik ontoeganklik is. Die skool het ook die daaglikse twee pouses in een lang pouse gesmelt waar God net nog meer lewende saad en liefde in hulle kon saai.

Van die eerste dag af het God opgedaag en daardie honger harte vir Hom begin voed. Pouses het daar sowat driekwart van die skool gekom om te luister Wie hierdie Vader is. Hulle kon net eenvoudig nie genoeg vrae oor Hom vra nie.

Ons as 'n span was senuweeagtig-opgewonde om te sien wat God gaan doen, want daar was absoluut niks wat ons as One Way vir hulle kon gee nie.

Teen Donderdagaand het hulle genoeg van God gehoor en gesien om 'n ingeligte, emosie vrye besluit vir Hom te kon neem. Die skool het hul lewens vir God gegee omdat hulle saam met Hom wil leef. Selfs die jongmense wat vroeer huistoe moes gaan, het self hul lewens vir Hom gaan gee die aand!

Saterdag het ons afgesluit deur 'n dag saam te spandeer by die dorp se sportgronde. Na 'n genotvolle dag van touch rugby en saam kuier het 'n opwindende aand program gevolg. Almal wat kon sing en instrumente speel het aan Hom hul prys gebring. Ander het lofpryssings verse gelees. Die aand het geiendig met 'n praise en worship diens, waar God nog die ouers se lewens ook kom aanraak het!

Dit was 'n groot voorreg om deur God gebruik te kon word. Dis al wat ons was - net hande, voete en monde vir Hom. God se waarheid het die skool vrygemaak. Hulle weet nou dat hulle geen mens nodig het vir toegang tot God nie. Hulle kan self 'n lewende, daaglikse verhouding met God he, deur dit wat Jesus vir ons kom doen het.

So wow! Wat 'n bo-natuurlike week!
Dankie Vader vir die lewens wat U kom verander het. Dankie dat U hul honger harte raakgesien het. Ons sien uit om te sien wat U verder in Fochville gaan doen!!!

"Ek het God geken maar nie regtig nie. Ek het kerk toe gegaan, Bybel gelees en gebid maar nie vir die regte redes nie God was vir my maar net iets ekstra.
Ekt gedink ek behaal al my prestasies in my lewe vanself, maar dit is nie so nie. Niks is bereikbaar sonder God nie.

One Way is net verby awesome. Hulle het regtig my o oopgemaak. Die moeite wat hulle gedoen het vir elke dag en hoe hulle spesiaal tyd gemaak het vir elkeen en hoe hulle ons hanteer het is hoekom hulle awesome is. Dit was ook lekker om hulle worship span hier by ons te h want Fochville het nie regtig een nie en dit was net lekker om te worship soos ons wou en op ons manier.

Die praatjies wat One Way gegee het was touching. Veral die een video oor dwelms. Ek het nie besef dit is wat dwelms aan 'n mens se lewe kan doen doen nie. Michael en Mark het ons ook verder laat dink oor besluite wat ons moet neem onder groepsdruk.

My verhouding met God is nou sterk en ek het amper niks laasweek in die klas opgelet nie omrede ek net heeltyd met Hom wou praat, ek verstaan ook nou my Bybel baie beter." Rom. 10:13 "Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word" - Jank Marais

" Dinsdag 24 Aug 8uur die oggend het ek iets by die One-Way groep geleer wat veraltyd by my sal bly. Mark het daai oggend gepraat oor keuses, keuses wat jy maak wat veroorsaak dat jy jou eie lewe verwoes en dan is jy altyd baie vinnig om vir God daarvoor te blameer! Ek kon dadelik my eie lewe daarmee vergelyk.

Ek het nooit 'n persoonlike verhouding met God gehad nie, ek het nie gereeld met Hom gepraat nie, ek het nooit genoeg vir Hom dankie ges nie. As daar iets goeds in my lewe gebeur het, het ek altyd gedink dit was ek wat dit reg gekry het, maar sodra dit begin sleg gaan was dit God se skuld! En dis so super verkeerd! Dis my eie foolish keuses wat my lewe verwoes, dis die verkeerde keuses wat ek maak wat veroorsaak dat dit begin sleg gaan!

Nou dat ek 'n baie goeie verhouding met God het s ek altyd vir Hom dankie! As iets sleg gebeur s ek, "ag Here ek weet dit was nou blerry stupid van my en dis my skuld! Maar Vader help my asb!" En weet jy wat? God hoor altyd jou gebede, moet nooit opgee op Hom nie want Hy gee nooit op, op jou nie!

Ek kan nie meer my lewe imagine sonder God nie! Hy is nou my lewe , en dis die awesomeste ding om te weet. Because our God is an awesome God"- Bianca Bredenkamp

"Ek het die AWESOME voorreg gehad om One Way die Junie / Julie vakansie te ontmoet by TO Strand . Daar het my 'nuwe lewe' begin. Ek het my lewe, my besluite en ALLES vir God gegee.. En dit was die AMAZINGSTE gevoel!!!

n Paar weke daarna het One Way na ons skool toe gekom, ek het omtrent geborrel van opgewondenheid!!! Ek het geweet ...Fochville... Hier kom n ding...en dit gaan huge wees!!!

Maandag die 16 Aug 2010 is ek met groot blydskap in my hart saal toe. Toe ek die groep weer sien , het ek dadelik tuis gevoel en al die laggies en memories was weer hernu. Michael het met ons gepraat en soos gewoonlik was dit very very touching en het ek God se teenwoordigheid heavy gevoel. Dit was onbeskryflik !!!! Toe die worship begin, het my hart n warm gevoel gekry en ek wou h die hele saal moet voel wat ek voel, want dit was regtig net verby onbeskryflik.

Elke dag het ek my vriendinne en vriende net meer en meer sien verander. Hulle het begin om net goeie goed oor ander mense te s en om mekaar reg te help as hulle verkeerd gepraat het of lelik van ander gepraat het. Ons het oor ander goed gepraat as gewoonlik. Ons het oor God gepraat en hoe almagtig ons Pappa is. Ek het gesien hoe hulle groei in geloof. My hart het elke dag gesing van vreugde want ek het geweet hulle maak nou n besluit waaroor hulle nie n sekonde gaan spyt wees nie en wat hulle lewens heeltemal gaan verander. Ek kan net vir God alle eer daarvoor gee,wat Hy doen is....WOW!!!!!

Donderdagaand was defnitief vir my die hoogtepunt. Ons het die aand so 6uur se kant in die skoolsaal bymekaar gekom. Ons het begin met n bietjie praise en worship en net tyd met ons Pappa spandeer.. Wat natuurlik soos STUNNING was.

Michaell het gepraat oor Golgota en die vergewing van sondes en hoe God elke dag wag vir ons, om net Hom te aanvaar as ons persoonlike Saligmaker en Verlosser. Hy het almal n geleentheid gegee om ons harte en lewe vir God te gee . Die wat wou (dit was omtrend di hele saal) kon voor kom staan waar daar drie kruise was en ons lewe vir Jesus gee . Daar is regtig ni woorde om daardie gevoel van 'eks gered' te beskryf ni.

Die kinders is nou baie anders, die seuns vloek ni meer ni, hulle dink nie meer hulle is net DIE BESTE ni...want God is en hulle besef dit nou!! Fochville sal One Way veraltyd onthou , hulle het defnitief n merkie in elke een se hart gelos, wat hulle veraltyd sal onthou!!!

Ek het nou weer duisende energie wat ek ten volle gaan gebruik om elke dag net vir God te gee, deur ander mense te help , en deur mense na God toe te lei,want dis wat ek wil doen !!! Net my alles vir God gee , want Hy is my Pappa... en EK is ONGELOOFLIK lief vir Hom.

Rom 11 : 36 : Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in alle eweigheid. Amen Alet van der Walt

Click on the logo above to visit the

ONE WAYPRODUCTIONS website

 
  • Twitter: OneWay_Youth
  • Facebook Page: 35297756932
  • External Link: www.one-way.co.za/index.php?format=feed&type=rss

Upcoming Events

No current events.

Gallery